Women’s Month Debate

Vandag bring die Demokratiese Alliansie ‘n huldeblyk aan die vroue wat op die 9 de Augustus 1956 na die Unie Geboue opgeruk het. Die optog, was ‘n reuse sukses en het sy essensiële doelwit, naamlik die reg van vroue ten opsigte van politieke deelname, bereik. Maar is ons regtig ernstig as dit kom by die bereiking van ons doelwit ten opsigte van vroue en die oplossing van probleme wat vroue vandag 9 Augustus 2012 in die gesig staar?