Demokratiese Alliansie persverklaring
Andrew Louw
DA Provinsiale Leier
NK-regering beroof 13 500 begunstigdes van titelaktes
3 Julie 2018
Vrystelling: Dadelik
Die DA is bekommerd dat meer as 13 500 potensiële begunstigdes van staatsbehuising in die Noord-Kaap onverklaarbaar van die titelakte-waglys verwyder is en dus van langverwagte eienaarskapsregte beroof word.
‘n Antwoord op ‘n skriftelike vraag aan die provinsiale departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (CoGHSTA) op 8 Junie 2018, toon dat die agterstand in titelaktes onlangs van 24 865 tot 11 345 gesny is. Volgens die departement is die vermindering as gevolg van ‘n “skrop in 2017/2018 in alle eiendomme wat nog nie oorgedra is nie”.
Vreemd genoeg het die aantal van 24 865 egter in die departement se nuutste begrotingsvoorlegging vir 2018/2019 verskyn. Dit is ook na verwys as ‘n geldige figuur in ‘n aparte antwoord op ‘n ander parlementêre vraag wat 6 Junie 2018 gedateer was, net twee dae voor die departement die agterstallige titelakte agterna aangekondig het.
Die DA bevraagteken dit dat die agterstand byna oornag verlaag is.
Sommige mense het al jare vrugteloos gewag om hul titelaktes te ontvang. Sommige mense kan selfs gedurende hierdie lang wag gesterwe het. Hierdie begunstigdes, asook hul kinders, word beroof van hul eiendomsreg, hul erfenis en die geleentheid om ‘n huis te hê om hul eie te noem, bloot omdat die ondoeltreffende staat die oorhandiging van titelaktes vertraag het.
Eiendomsbesit stel mense wat uitgesluit is van ekonomiese geleenthede, in staat om die eiendomsleer te begin klim. Dit laat mense toe om hierdie bate te benut, om inkomste te genereer en ‘n werklike bate vir hul kinders na te laat na hul sterfnis.
Die DA sal opvolg vrae aan CoGHSTA voorlê om die agteruitgang van die titelaktes se agterstand te ondersoek. Vir elke naam wat uit die lys verwyder word, wil ons weet hoe lank die begunstigde op die lys was en ook die presiese rede waarom dit verwyder is.
Die hoë titelakte agterstand bestaan, want die ANC is die afgelope 24 jaar te besig om hulself te verryk en ‘n verdelende agenda te bestuur, as om te sorg vir die behoeftes van ons mense.
Waar die DA regeer, sal ons voortgaan om tienduisende titelaktes te lewer om mense ware huiseienaars te maak, nie net huurders van die staat nie.
Slegs verandering onder ‘n DA-geleide regering sal verseker dat toegang tot eienaarskap die vryheid en geleentheid bied wat alle Suid-Afrikaners verdien.
Navrae:
Andrew Louw
Provinsiale Leier
082 383 6914
Shelley de Witt
Navorser
082 847 1387