
Dr. Allan Grootboom, MPL
DA Northern Cape: Spokesperson on Education
071 682 6806
Die DA glo dat nadat Noord-Kaapse skole reeds ‘n maand aan die gang is, alles in die provinsie glad moet verloop wat enige aanvanklike probleme betref. Dit blyk egter nie so te wees nie. Daar is steeds skole in die provinsie wat nie ten volle kan funksioneer in hul plig om leerders ‘n goeie opvoeding te kan gee nie.
Dit wil voorkom of die Noord-Kaapse departement van onderwys nie die vermoë het om probleme aan te spreek en op te los nie. Is ons kinders se opvoeding dan nie vir hulle van belang nie?
Dit lyk ook dat die department gemeenskappe ‘n rat voor die oë probeer draai as mens kyk hoe hulle reageer op navrae van skool- en ouerkomitees. Verlede week het ouers reg in eie hand gesteek en ‘n skool in Komaggas toegemaak om só hul misnoeë te toon oor die feit dat die skool ‘n reuse tekort aan onderwysers het. Die departement het egter nie gereageer nie. Aan die begin van die jaar reeds was die skool sonder vyf onderwysers en hulle sit boonop met sowat 50 leerders in ‘n klas. Die provinsiale verhouding vir onderwyser tot leerders is 37:1.
‘n Wiskunde-onderwyser is glo by die skool aangestel maar die tekort aan ander onderwysers is nog nie aangespreek nie. Die volgende klasse het nog nie onderwysers nie:
- Grade 12 A
- Grade 11 A
- Grade 9 A and B
- Grade 8 A and B
- Grade 7 A and B
Hierdie is ‘n arm gemeenskap met meer as 50% van ouers wat werkloos is. Van die ouers het die onderwysdepartement in Springbok genader vir hulp, maar kon ook nie daar regkom nie. ‘n Voorstel is aan ouers gemaak dat hulle die kinders na ‘n ander skool kon neem, maar dié is sowat 70km van Komaggas. Dit sal dus verdere problem veroorsaak deurdat ouers nuwe skoolklere sal moet koop en ook sukkel om die leerders by die skool te kry. Dit is dus ook nie ‘n oplossing nie.
“Die departement moet eerder die primêre probleem van ‘n tekort aan onderwysers aanspreek. Hulle is duidelik nie geïnteresseerd in die opvoeding van ons kinders nie. Ons doen weer eens ‘n beroep op die departement om die saak te ondersoek en die nodige aandag daaraan te skenk.”
Dr Grootboom het verlede week reeds met die portefeuljevoorsitter van onderwys die probleem bespreek en hoewel sy belowe het om dit met die LUR van onderwys op te neem, is geen terugvoering nog ontvang nie. “Hulle is duidelik nie ernstig om probleme op te los of ons kinders eerste te stel nie!”